3 Boepies

Ek kan nie onthou wanneer laas ek so lekker gelag het, soos met die fotos nie.  Hoe anders as 3 lawwe vriendinne, met 3 magies en groot stories bymekaar kom vir swangerskap fotos.  Angie se vierdie seuntjie kom Julie, Jolene se 3de “surprise-pakkie” kom in Augustus en Marisha se dogterjie (dis as dinge nie weer verander het nie) kom in September.  Ons het groot pret gehad en regtig vreeslik baie gelag – Girls, ek sien uit om daai kleintjies te ontmoet!

Leave a Comment