André & Christine | Boesmanland Plaas Kombuis, Langebaan

Hierdie was ‘n lekker lag, en lekker huil troue, alles in een!! Tot ek moes my trane sluk en afvee!  Pragtige Christine en André, het sommer vir hulle ‘n diep plekkie in my hart in gegrawe.  Al die pad van die Noorde, en hier het ons kom vriende maak.  Langebaan is baie na aan my hart en dit is altyd lekker (en ‘n uitdaging) om daar te skiet.  Maar die dag was perfek, niks kon die glimlagte, laf-wees en lekker kuier van die groep mense keer nie.  Dankie dat julle my vertrou het met julle dag.  Sommer baie lief geword vir julle x

 

Venue: Boesmanland Plaaskombuis, Langebaan

Assistent Fotograaf: Marelé Joubert van MJPHOTO

Leave a Comment