Mauritz & Marilese | Boesmanland Plaas Kombuis – Langebaan

Ek was weereens bevoorreg genoeg om terug geneem word om by die baie gewilde Boesmanland Plaas Kombuis om Mauritz en Marilese se strand troue vas te vang. By die opstel van ‘n troue datum kan ‘n mens net hoop en bid vir die perfekte weer veral wanneer mens ‘n buite seremonie beplan. Die wind het egter sy ding gedoen, maar niemand se entoesiasme gedemp nie.  Alles was verder perfek, die meeste gaste het van ver gekom en die Weskus en sy gasvryheid behoorlik geniet.  Ons het die trounaweek afgesluit met ‘n “trash-the-dress”, brawe paartjie vir Oktober weskus-water!!! Dit was pret.  Dankie aan my vriend Dewald Kirsten Photography  wat saam met my geskiet het.  Ons twee het julle troue omtrent geniet!

Leave a Comment