Die twee is al amper ou getroudes….en eks nou eers op die verlowingsfotos vir die blog! Askuus julle 2tjies – die troukiekies volg ook binnekort. Dankie vir my oulike assistent Adrie wat nou blog dat die stoom by haar ore uittrek! 🙂
Oom Fanie en Tannie Mossie het hul 50ste huweliksherdenking gevier met hul spesiale vriende en familie. Ek’t vinnig ingeloer vir ‘n paar fototjies voor die feesvieringe begin het. Baie liefde, voorspoed en seën vir die volgende klompie jare. Baie spesiaal om sulke liefde tussen 2 mense te sien, xxx