
Die van Zyl’s se fotosessie het 3 dele, eers het ons in die studio begin (fotos sal nog volg), toe die mooi veld en natuurlike omgewing, en laaste maar defenitief nie die minste nie – die kleurvolle verf-mekaar jol! Hier is so paar fototjies…
Die oulike twee poppies het my op my kniee en plat op my maag gehad! Karu het tot vir my afgeneem en tannie Liesl moes net sê “cheese”! Ek sien hier kom ‘n ding, sy ken haar storie.
Baie dankie Liesl!
Die fotos het regtig baie mooi uitgekom! Jammer ou Lili wou nie meer smile nie, maar ons sal weer fotos laat neem as sy al haar tande gekry het! Almal love die fotos!
Rianka
Baie mooi couple en gesin!!