Ek het die vooreg gehad om hierdie godin af te neem met haar troue en toe haar swangerskap. Nie net is sy bitterlik mooi nie, sy het die mooiste sagste hart…Tyre jy’s net so handsome.
Rinda, ook ‘n fotograaf, het my genader om haar pragtige magie tesame met Herman af te neem. Dit was ‘n vinnige halfuur fotosessie, in aaklige weer, maar die lig was pragtig by Meerendal. Sommer vinnig nuwe vriende gemaak! Sien baie uit om die bondeltjie liefde te ontmoet.