‘n Sprokie-mooi troue geskik vir ‘n Prins en sy prinses. Leandre het haar droom uitgeleef met al die mooi en skitterblik dekor….pienk is natuurlik haar gunsteling kleur 😉 Tydens die seremonie, moes almal gryp na ‘n snesie toe Christo se ouma die huwelikspaartjie met ‘n lied seën. Dit was baie spesiaal. Eensgezind was die perfekte plek vir die paartjie se droom troue en tema.