Andries & Danitia | Halfmanshof – Porterville

Andries en Danitia – ‘n nuwe lewe op Halfmanshof.  Ek voel al deel van die familie, soos een van die susters….ons het mekaar so paar jaar terug ontmoet, en ‘n spesiale vriendskap het gegoei met die Immelman gesin.  Tog toe Danitia my vra om haar troue af te neem was dit vir my ‘n henge verrassing en natuurlik ‘n moviese eer.  Die beste van die beste was by die troue en om deel te kon wees van die diensverskaffers wat hulle gekies het, was vir my baie spesiaal!  FJS Productions, DJ Chopper en Danielle Margaux is maar ‘n paar om op te noem.  Karien Fotografie was ook deel van die span – sy het bietjie die gaste afgeneem wat Witblits gestook het terwyl ons weggeglip het om die paartjie se fotos te neem.  Ek en Lomé Burger was weer soos een, om elke hoekie en draatjie om seker te maak ons mis niks.  Mag die fotos hul eie storie vertel, veral die dinge wat op die dansbaan gebeur het…….

Leave a Comment