Bernhard & Mari

Pragtige Mari en Bernhard het hulle nie laat onderkry deur enige iets nie!!! Nie die stormreën of winde nie – niks kon die glimlag van haar gesiggie afvee nie.  Dit was so lekker om julle troue te kon afneem, was ‘n absolute fees en voorreg om deel te kon wees.  Delsma het hul natuurlik weereens uitstekend van hul taak gekwyt, die kos was uit die boeke uit en die lekker ruim dansvloer was propvol skoffelende voete!  Was ‘n lekker troue, oor en uit net eenvoudig lekker!!

Leave a Comment