Testimonial 1

Vir die afgelope 3 jaar het ons Liesl ge-“claim” as ons familie se persoonlike fotograaf. Vir ‘n paar geleenthede (verlowing, 2 troues, 2 swangerskappe en sommer net vakansiefoto’s) was ons al voor haar lens en al het elke sessie sy eie styl, is die uitkoms elke keer bo ons verwagting! Liesl het ‘n kuns om mens gemaklik te laat voel en dit wys in die foto’s. As jy iemand soek wat deel raak van die familie en die mooiste herhinneringe vasvang, is Liesl definitief die antwoord! Liesl, dankie dat jy altyd uit jou pad gaan om ons te help (soms op kort kennisgewing), ons sien uit daarna dat jy nog baie spesiale oomblikke vir ons sal vasvang.