Testimonial 2

Enige iemand kan ‘n kamera vat en ‘n paar fotos neem, maar dit is net n spesiale persoon wat die kosbaarheid van die oomblik kan vasvang. Ons groot dag was nie die “normale” troue nie, en nie ek of my man het regtig geweet wat om te verwag nie. Liesl het ingekom en net haar ding gedoen. Dit is maar vir ons albei ‘n “akward” ding so voor die lens, maar elke oomblik was gemaklik, so asof ons al jare lank modelle is. Ek kyk minstens een keer ‘n dag na ons fotos, zoem in op elke detail en herleef die dag asof dit gister was – die mooiste, perfekste geseëndste dag. Iemand wat weet hoe die aanloop en tydlyn verloop, iemand wat gaan seker maak jy onthou al die familie foto’s, iemand wat met die mees basiese wonderwerke verrig, iemand wat net wéét hoe om die mooi in die oomblik vas te vang – Liesl is defnitief daardie fotograaf. Baie, baie dankie vir al jou moeite op hierdie dag; meeste van alles dat ons kan weet dit is met liefde en passie gedoen.