Mooiste mooiste Mareli, en mooiste mooiste Mont Rouge – ‘n goeie kombinasie ;). Ek het so lekker gelag by die troue, die vreugde was in oorvloed! Anco kon nie wag om sy bruid te soen nie, en ek dink hy het die dominee 4 keer gestop om te vra, as dit nie dalk 5 of 6 keer was nie, ha ha ha. Mal verlief op sy skoolmeisie en vandag sy vrou. Mag julle huwelik in oorvloed geseën wees en mag ons paadjies gou weer kruis x