Jaco en sy pragtige bruid Carla, het al die pad van die Noorde gekom, om hier in die mooi Wynlande te kom trou. Towerbosch was omtrent ‘n towersprokie en met die mooiste details versier. Carla het vreeslik baie moeite en persoonlike aandag aan alles gegee, en die dag was perfek! Uit al die kuiers, beplanning en saam gesels het hier sommer ‘n baie spesiale vriendskap gevorm en is julle baie na aan my hart. Dankie daarvoor x